Goggatjie vier sy 3de CD, Goggatjie Gaan Wildtuin Toe, met ‘n uitstappie na die Wildtuin! Die CD fokus op 3 lekkerluister stories, 9 kindergedigte en 2 liedjies rondom diere en die Wildtuin. Goggatjie speel weer lekker met die kinders, verskaf inligting en maak seker dat werklike dieregeluide die storievertel prentjie voltooi.
Die CD is propvol informasie oor die verskillende diere in die Wildtuin en die boekie bevat pragtige fotos wat die kinders in staat stel om die diere maklik te identifiseer.
Die lieflike storievertel talente van Mariëtte Engelen en Elma Potgieter dra by om die 3de Goggatjie CD nog ‘n wenner te maak. Die keer sluit Evert Snyman, die bekende en geliefde storieverteller van Radio Sonder Grense, by hulle aan. Saam laat hulle die pragtige stories en gedigte van die skryfster – Lily Krügel - werklik lewe!
In haar Voorwoord skryf Lily: “Na die eerste CD 'Goggatjie se Kinderstories', het ek briefies gekry van kleingoed wat aan my skryf hoe baie hulle die stories en gediggies van Goggatjie geniet. CDs met kinderstories verskaf meer as net vermaak aan kinders, dit stel hulle bloot aan taal, klanke, informasie, emosie en baie meer. Klein kindertjies wil graag leer, daarom kan hulle oor en oor na stories en rympies luister; dit laat hulle DINK en hulle wil graag daaroor PRAAT.”
Om die CD mee af te rond, is daar kinderliedjies van Graeme Sacks en Erika Strydom ingesluit. Dié twee is verantwoordelik vir die treffer CD Goggatjie se Kinderliedjies .
Kliek hieronder om na uittreksels van Goggatjie Gaan Wildtuin Toe te luister:
Goggatjie Gesels Oor Die Wildtuin: Gedig: In Die Wildtuin: Goggatjie Gesels Oor Diere Geluide: Storie: Koning Leeu Verloor Sy Brul:
Goggatjie Beweeg Soos 'n Olifant: