The Goggatjie 50cm Plush Toy is now available! The Goggatjie Toy brings Goggatjie to life stimulating your child’s imagination and providing hours of non-stop fun.
In Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies, die 4de CD in die Goggatjie reeks, klim ons geliefde Goggatjie in sy tydmasjien en hy vat die kindertjies terug in tyd. Dit is ‘n reis na die verlede om die Tradisionele liedjies, wat ek en jy as kinders geleer het, te herontdek, en aan ‘n nuwe generasie voor te stel: 20 liedjies uit die verlede vir kindertjies van die hede!
Ou gunstelinge soos ‘Hoe Ry Die Boere’, ‘So Ry Die Trein’, ‘Bobbejaan Klim Die Berg’, ‘Moeder Hoenderhen’, ‘Die Blink Vosperd’, ‘Die Paddaskool’ en ‘Jan Pierewiet’ belowe ‘n sak vol pret vir die jongspan en nostalgiese herinneringe vir die grootmense.
Deurentyds hou Goggatjie die kinders geselskap en reis saam met hulle in die tydmasjien. Halfpad deur die CD vat Goggatjie ‘n blaaskans saam met die kleinspan en laat hy hulle bietjie oefeninge doen deur verskillende diere na te maak op die maat van die ‘Gogga Deuntjie’.
Ons is baie trots op ons splinternuuwe aanbieding: Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies. Dis ‘n vars klank vir ‘n nuwe generasie!
Kliek hieronder om na uittreksels van Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies te luister:
Goggatjie Se Tydmasjien: Hoe Ry Die Boere: So Ry Die Trein: Bobbejaan Klim Die Berg: