Goggatjie is weer hier met ‘n sak vol splinternuwe stories en gediggies! Dié keer neem hy die kleingoed see toe! En wat is nou lekkerder as ‘n vakansie by die see!
Met pragtige byklanke, soos die geruis van die see, gekras van seemeeue en ander seegeluide, neem hierdie CD die kinders tot by die see!
Hulle maak kennis met seeskilpaaie, pikkewyne, dolfyne, seekoeie, seemeeue en baie meer! ‘n Pamflet met pragtige foto’s van die seediere is by die CD ingesluit.
Met 3 lekkerluister stories, 9 kindergedigte en 2 liedjies rondom die see, sal Goggatjie Gaan See Toe ure se pret en leergenot aan die kinders verskaf.
Kliek hieronder om na uittreksels van Goggatjie Gaan See Toe te luister:
Goggatjie Sê Hallo: Gedig: Huisie By Die See: Storie: Leentjie En Die Dolfyne: Goggatjie Gesels Oor See Geluide: Goggatjie Beweeg Soos Die Seediere: