|
Met hierdie lekker plaasstories, gediggies en liedjies, neem Goggatjie die kinders reguit plaas toe!
Hulle maak kennis met die hoenders op die werf: Haan Daan, die leier; Kareltjie, die wit Leghorn kuiken met die lang geel bene, wat die boodskapper is en Reddy, die Rhode Island Red hennetjie, wat net in Engels kekkel! Kallie Kalkoen, wat met sy vrou en kinders net daar in die veld slaap, as die son ondergaan voor hulle op die werf is!
Daar's eendjies op die dam en varkies in die modder, mooi foto’s om na te kyk en dieregeluide om na te luister.
Wie kan nou beter stories vertel as Evert Snyman, bekende en geliefde verteller van kinderstories op RSG? En Mariette Engelen met haar strelende stem en Elma Potgieter wat die kinders boei met haar lewendige vertellings. Goggatjie is weer die seremoniemeester, wat hom goed van sy taak kwyt.
Jy en jou kind gaan dit so geniet!
|